VERBLYF
saudade, vilankulos, mosambiek
Verblyf vir die week van die troue word verdeel tussen die villa en aangrensende huise waar gaste die beste van Mosambiek kan geniet.
Aangesien ons 'n gedeelte van die prys subsidieer, beloop die totale koste R5 500 pp* vir die drie nagte en sluit etes, drank en verblyf in.
Indien gaste hulle tyd by Saudade op eie onkoste wil verleng, voor of na die troudatums, is hulle welkom om vir Kirstie of Hein te laat weet sodat die nodige besprekings gemaak kan word.
kliek hier om verder te lees oor aktiwiteite, dienste en besienswaardighede wat bySaudade en in die omgewing aangebied word. .
*sien 'belangrike informasie' afdeling vir toepaslike bankbesonderhede
AANWYSINGS
Saudade is binne die Avia privaat estate, ongeveer 5km noord van Vilankulos, geleë.
Die villa kan op verskeie maniere bereik word, maar hoofsaaklik per voertuig of vliegtuig.
Kliek op die onderstaande 'link' vir GPS aanwysings tot by Saudade
VOERTUIG*
vanaf johannesburg/pretoria:
Saudade is ongeveer 16uur vanaf Johannesburg. Weens die afstand en grenspos deurgange, raai ons gaste aan om eerder die rit oor twee dae aan te pak en halfpad te oornag.
Die roete volg vanaf Pretoria deur of die Kruger Nasionale Park of Maputo, na Xai Xai en Vilanculos.
Die laaste 5km vanaf Vilankulos tot by die estate is 'n maklike rit wat geen 4x4 voertuie vereis nie.
*4 x 4 voertuie nie vereis nie
VLIEGTUIG
vanaf OR Thambo internasionale lughawe
Vlugte deur Airlink en LAM Mozambique Airlines vertrek daagliks vanaf Johannesburg na Vilanculos Internasionale Lughawe. Vliegtyd is ongeveer 1h30m.
Besprekings kan deur hulle webtuistes gemaak word.
Vervoer vanaf die lughawe tot by die villa sal gratis voorsien word. Die rit is ongeveer 15-20min.
*Kostes (ongeveer): vlugte wissel tussen R7 000 - R10 000 retoer. Ons raai gaste aan om eerder vinniger as later hul kaartjies te bespreek siende dat dit duurder raak met tyd.